• 076-246-2572
  • info@familycorner.co.za

Die proses van skei betrek verskeie deskundiges: pa se prokureur, ma se prokureur, soms ook ‘n maatskaplike werker en dan sielkundiges vir die kinders en ouers. Almal praat oor almal, maar weinig praat die gesin saam. Talle verslae oor elkeen word op die tafel gesit maar weinig tot min verhale word met mekaar gedeel. Die laaste bietjie spaargeld word uit die beursie gewurg om die duisende rekeninge te vereffen.

Die harde werklikheid is: Weet jou kind/ers hoekom julle skei? Hoe vertel ek vir ‘n 5 jarige kind: “pa en ma gaan skei”, oor watter rede ookal?

Watter voorbeeld stel jy aan jou kind/ers as jy hom/haar aflaai by ma/pa? Staan jou kind in die middel en toekyk hoe julle as ouers verskille op destruktiewe maniere uitsorteer?

Hier gaan dit nie oor mag ek skei, of nie. Dit gaan hier oor as ons of ek die besluit geneem het om te skei, HOE gaan ons dit hanteer. Die HOE ons skei kan selfs ‘n groter impak, op die kinders hê as DAT ons skei. Vir ‘n leeftyd gaan ons gedeelde belange hê oor ons kinders. Vir ‘n leeftyd gaan ons op- en aflaai, kommunikeer, sms’s stuur. HOE gaan ons dit doen? Dit is nie so eenvoudig nie, daar is meestal baie emosies betrokke: haat, jaloesie, hartseer, teleurstellling, kleintyd “issues”, stress ens.

Mens sou kon wens dat “issues” aan en af geskakel kan word soos mens ‘n lig sou doen. Maar dit is toe nie so eenvoudig nie!

Of julle pas geskei is, reeds lank terug geskei is [en nou deel is van ‘n enkelouergesin of hersaamgestelde gesin], of beplan om te skei – dink na oor HOE julle dit aanpak/gaan aanpak?

By die sentrum, lewer ons ‘n diens waar die proses van egskeiding gefasiliteer word sodat almal betrokke daarby, ingesluit kan word. Ons nooi jou uit en moedig jou aan : “Kom sit en praat SAAM met mekaar, DEEL die seer saam en beplan SAAM, as hersaamgestelde gesin, enkelgesin of watter gesin ookal.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

*