• 076-246-2572
  • info@familycorner.co.za

HERSAAMGESTELDE GESINNE.
IS DAAR ‘N SUKSESVERHAAL EN WAAR BEGIN DIT?

Miskien begin dit maar by die ou moeilike begin – ek weet nie meer waarheen of hoe nie? ‘n Aanvanklike self erkenning en later gedeelde erkenning van ons weet nie hoe om die nuwe reis aan te pak nie.
Gesinne of dan aanvanklik individue binne gesinne wat bereid is om uit te beweeg, hoe angstig dit ookal mag wees, is dit eens, dit was die moeitewerd!

Ouers en kinders wat deur egskeiding gaan probeer daagliks heraanpassings te maak. Nou kom daar ‘n hersaamgestelde gesin! Twee”ma’s” twee “pa’s” vier stelle reëls, tonne kinders en ‘n paar honde en katte ekstra! Om tas in en uit te pak raak vir die meeste kinders ‘n weeklikse roetine: “O ja, ek moet nie my “tablet” na pa en tannie Sarie se huis neem nie – sy haat dit, gelukkig is my ma en haar nuwe kêrel OK daarmee – oom Sarel het juis vir my gesê hy gaan vir my ‘n splinternuwe een koop.”
Net in hierdie een verhaal, lê daar al so baie opgesluit.

Dit laat my dink.. Lank terug was daar ‘n hersaamgestelde gesin in terapie. Hulle wou begin deur gesinsalbums met mekaar te deel . Daar is in twee sessies net stories en verhale gedeel oor wie is wie, grappies is onthou en selfs ‘n paar eg eie familietradisie-verhale is gedeel. Hierdie openheid en bereidwilligheid om ‘n stukkie van hulleself bloot te lê aanmekaar kon maak dat die twee gesinne vir die volgende sessies bereid was om meer ongemaklike terreine te betree.

Persepsies, konflik, vooroordele, grense en kommunikasie tegnieke is in die daaropvolgende sessies deurgestoei. Elke individue van beide gesinne het die geleentheid gekry om sy/haar kant te stel en met voorstelle te kom.
Hierdie twee gesinne het na ‘n pad van drie maande ‘n eie hersaamgestelde gesinsalbum saamgestel met duidelike riglyne van leef – juis om te kan oorleef!!
Gevra of daar enige rituele is wat hulle wil skep binne hierdie veranderende struktuur? Die antwoord was om een maal per kwartaal weer so saam te sit om ‘n tafel en nuwe grappies en tradisies te skep.

Is dit moontlik? Meeste mense sal waarskynlik sê dat dit wat hier gebeur het een uit ‘n duisend of miljoen is ! Miskien ja, maar die keuse lê altyd by JOU!!

Groete Annemien

Leave a Reply

Your email address will not be published.

*