• 076-246-2572
  • info@familycorner.co.za

Die gevoel wat by my opkom deesdae is dat ons almal, groot en klein altyd iewers iets moet gaan leer. Werkswinkels oor kommunikasie, ouerleiding, “life skills” en vele meer (tong in die kieste – by die sentrum bied ons ook die kursusse aan)! Eintlik, dink ek mis ons dit, loop ons oor dit, sien ons verby dit, vermy ons dit.

Kommunikasie met jou kind is so maklik soos: los waarmee jy besig is (koerant, TV, facebook, wat ookal) en hoor, luister wat jou kind wil vertel. Probeer net vir ‘n paar oomblikke jouself in jou kind se posisie stel – in sy skoene klim en luister na sy storie. Ons praat hier van luister en nie praat nie.

Hoe soek ons nie almal na daardie kitsantwoorde nie – reg vir elke situasie. Doen dit so of so. Dit is nie so erg nie – ons is almal daardeur – in ons dae was dit…….! Of, ruk jouself reg! Kitsantwoorde, sodat almal weer kan aangaan met die uitdagings van die lewe – dat almal net OK kan wees.

Die realiteit is, ons hoef nie altyd OK te wees nie – ons gaan ook nie altyd OK wees nie – my kinders gaan nie altyd OK wees nie. Maar dit is ongemaklik, seer en plaas ‘n demper op ons lewe!

Die tweede baie eenvoudige aksie is: “ Hoor ek jou reg as jy dit sê, ek verstaan nie, vertel my meer”? Net hierdie werklike wil verstaan kan maak dat daar ‘n vertrouensverhouding tussen jou en jou kind ontwikkel wat kan maak dat jou kind meer bereid sal wees om dinge te deel – ook in die toekoms as tiener, byvoorbeeld.

Wat sal die koste wees van die proses? Tyd, jou ore, deernis en liefde.

Groete van die Corner.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

*