• 076-246-2572
  • info@familycorner.co.za

Baie jare terug, so in die middel 80, êrens in die Transkei ontmoet ek ‘n afrikaanse onderwyser. Hy het klas gegee aan die destydse Universiteit van Transkei. Dig, was deel van sy lewe en ek lees laat een aand van die gedigte wat hy geskryf het. Een daarvan met die tema: “n Blik op futurisme “ Dit wat ek gelees het, het ek sommer so uit die staanspoor uitgemaak as nonsens; siektes wat mense gaan tref waarvoor die mediese wetenskap nie gereed gaan wees nie, mense wat op gemakstoele sit, ‘n tipe “milkshake” drink en kyk na ‘n vorm van elektroniese meesterstuk, mense wat soos balle lyk en rol van punt A na B en diere wat verstik in afval!

Nou, vandag omtrent 30 jaar later – lyk dit nog na nonsens? Is dit nonsens? Waaroor sal ‘n gedig gaan as mens vandag moet skryf oor: “’n Blik op futurisme”? Elkeen van ons sal waarskynlik ‘n eie unieke weergawe gee – vanuit ons eie oortuigings, persepsies, ondervindinge en meer.

As ek my hand mag waag, sou ek sê dat die begeerte daar gaan wees om weer te kyk na ‘n stukkie groen wat deur die plaveisel groei, by jou buurman op te daag met ‘n bottle wyn – ongenooid, al jou aardse besittings in jou kar te kan laai, op die aarde in die stof te gaan lê en prentjies soek in die wolke, die laslappie uit te haal en piekniek met die kinders te hou, om groente vars uit die grond te eet en te kan swem in ‘n dam wat helder reflekteer…

Is dit nonsens? Wat is jou weergawe? Miskien is dit maar net die wêreld waarna ek smag…

Groete Annemien

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.

*