• 076-246-2572
  • info@familycorner.co.za

‘n Kort gedagte: Ons is almal op ons eie unieke manier lief vir ons kinders, wil die beste hê. Maar wat is die beste? Is dit ‘n goeie prestasie – akademies, eerste span, erebalkies, ‘n wenner in die kunswedstryd, goeie sosiale verhoudinge?  Ja, dit is dit maar ook baie meer. Die volle pakket wat die samelewing bied in terme van status, ‘n goeie werk, goeie, goeie…….ens, waarborg nie die geluk van my kind nie. Ouerleiding gaan nie net om tydsbestuur en ‘n paar “skills” wat daar aan ouers geleer word vir maar net nog ‘n vinnige “fix” nie. Ouerleiding, begin by wie is my kind werklik? Wat is sy DNA, wat is my DNA? Wat is my verwagtinge van my kind – wat is die samelewing se verwagtinge? My taak as ouer is nie om my kind gelukkig te hou nie, my taak is om my kind in geloof te begelei tot ‘n verantwoordelike en aanpasbare wese wat sy/haar uniekheid in die wêreld kan gaan uitleef.

Uitleg:

  • wie is my kind? Wie is ek as ouer? Wie was ek as kind? Wat was/is my verwagtinge?
  • my rol as ouer ( hoe oop is ek om my kind te ontmoet in sy lewe, is ek hier om my kind gelukkig te hou of te begelei tot verantwoordelikheid, hoe begelei ek my kind om sy eie unieke talente te ontwikkel in ‘n samelewing vol diskoerse?
  • praktiese riglyne vir ouers en kinders

 

Hersaamgestelde gesinne: Is daar ‘n suksesverhaal en hoe begin dit?

Miskien begin dit maar by die ou moeilike begin – ek weet nie meer waarheen of hoe nie? ‘n Aanvanklike self erkenning en later gedeelde erkenning van ons weet nie hoe om die nuwe reis aan te pak nie.

Gesinne of dan aanvanklik individue binne gesinne wat bereid is om uit te beweeg, hoe angstig dit ookal mag wees, is dit eens, dit was die moeitewerd!

Ouers en kinders wat deur egskeiding gaan probeer daagliks heraanpassings te maak. Nou kom daar ‘n hersaamgestelde gesin! Twee”ma’s” twee “pa’s” vier stelle reëls, tonne kinders en ‘n paar honde en katte ekstra! Om tas in en uit te pak raak vir die meeste kinders ‘n weeklikse roetine: “O ja, ek moet nie my  “tablet” na  pa en tannie Sarie se huis neem nie – sy haat dit, gelukkig is my ma en haar nuwe kêrel OK daarmee – oom Sarel het juis vir my gesê hy gaan vir my ‘n splinternuwe een koop.”.Net in hierdie een verhaal, lê daar al so baie opgesluit.

Dit laat my dink. Lank terug was daar ‘n hersaamgestelde gesin in terapie. Hulle wou begin deur gesinsalbums met mekaar te deel . Daar is in twee sessies net stories en verhale gedeel oor wie is wie, grappies is onthou en selfs ‘n paar eg eie familietradisie-verhale is gedeel. Hierdie openheid en bereidwilligheid om ‘n stukkie van hulleself bloot te lê aanmekaar kon maak dat die twee gesinne vir die volgende sessies bereid was om meer ongemaklike terreine te betree.

Persepsies, konflik, vooroordele, grense en kommunikasie tegnieke is in die daaropvolgende sessies deurgestoei. Elke individue van beide gesinne het die geleentheid gekry om sy/haar kant te stel en met voorstelle te kom.

Hierdie twee gesinne het na ‘n pad van drie maande ‘n eie hersaamgestelde gesinsalbum saamgestel met duidelike riglyne van leef – juis om te kan oorleef!!

Gevra of daar enige rituele is wat hulle wil skep binne hierdie veranderende struktuur? Die antwoord was om een maal per kwartaal weer so saam te sit om ‘n tafel en nuwe grappies en tradisies te skep.

Is dit moontlik? Meeste mense sal waarskynlik sê dat dit wat hier gebeur het een uit ‘n duisend of miljoen is ! Miskien ja, maar die keuse lê altyd by JOU!!

Ons nooi julle uit om te kom probeer. Dagmara en Annemien

Koste:

Soos met gesinne ooreengekom

Leave a Reply

Your email address will not be published.

*