• 076-246-2572
  • info@familycorner.co.za

Ek begin nou die dag dink. Ons het ‘n spesialis vir elke deel van ons liggaam, ‘n “gadget’ in ons huis, tuin en karavaan vir elke doel, geleentheid – vir gemaklik leef. Nou voel dit vir my dat ons een ding so altyd van ‘n afstand beskou, nie so geredelik aanvaar en deelmaak van ons daaglikse lewe nie, van ons OK wees nie. Dit is ‘n Sielkundige!! Die “shrink, kopdokter” om maar ‘n paar name te noem.

In hierdie professie kry ons meestal te doen met die laaste hulpkreet, die laaste strooi! Hoekom wonder ek? Sou dit wees omrede ons dink ons weet eintlik wat om te doen en wat die regte manier is om ‘n saak te hanteer?  Ons nie die fondse in ons medies of privaathoedanigheid het nie? Ons sommer die predikant/berader by die kerk vra, of sommer ‘n paar vriende om hulp en leiding – n lys van moets en moenies, “tried and trusted”. Dan gaan probeer ons die voorstelle leef daarbuite. In baie gevalle werk dit maar in ander nie, net om weer agter te kom ek is terug in my ou patrone (vorentoe en agtertoe, vorentoe en agtertoe) van dink,voel en doen.

Waar gaan ons heen as ons rugpyn, griep of suikersiekte het? Tog ‘n opgeleide persoon in daardie veld. Nou, geld dit nie maar in die veld van die sielkunde ook nie? Hoe kan ons dinge probeer verander as ons nie weet WAT ons moet verander nie? As ons nie ‘n bewustheid het van hoekom ons dink, voel en doen soos ons doen nie – het ons nie eintlik iets om mee te werk nie!

Hierdie proses waaroor ons nou net gesels het, kan meestal net suksesvol wees as dit gedoen word in samewerking met ‘n sielkunde of opgeleide persoon wat weet waarna om te kyk, te luister,’n veilige “neutrale” hawe te skep en skakels en patrone raak te sien. Baie soos ‘n mediese dokter of spesialis wat stap vir stap toetse doen om vas te stel waar die fout lê.

As jy nogsteeds vassteek by die idee dat aggressie, angs, kompulsiwiteit en depressie “anders” is as rugpyn, swak longe of suikersieke, daag ek jou uit om dit raak te sien as ‘n diskoers wat op verskeie maniere aan jou en my verkoop word deur die samelewing. Aggressie het ‘n oorsprong, net soos rugpyn……….

Sou ons konteks vandag anders gelyk het as ons almal van sielkundiges gebruik gemaak het soos ons van dokters en spesialiste gebruikmaak? Hoe sou/sal my en jou lewe anders gelyk het as ons gereeld met iemand kon praat oor ons angs, spanning, aggressie, huwelik, verhoudings en vele meer. Een van die groot vra sou wees – hoeveel van ons huwelike sou miskien deurgesien kon word?

Een maal ‘n maand/ses maal ‘n jaar…. ‘n gesprek by ‘n sielkundige! Wat gaan dit jou kos?

Groete van The Family Corner

Leave a Reply

Your email address will not be published.

*